FlySafair nou amptelik oop

GEORGE NUUS – Die lugdiens FlySafair, wat hulle beroep op beskostigbare nasionale vlugte, het hul amptelike bekendstelling vanoggend by die George-lughawe gehou.

Belangstellendes kan kaartjies van George na Kaapstad, of Kaapstad na George, opraap teen R399 vir ‘n enkelvlug.
Die eerste vlug vir hierdie roete is op 13 November.

“Hoe vroeër ‘n mens ‘n kaartjie bespreek, hoe beter is die prys,” het Lorna Terblanche, van passasiersdienste gesê.

Die eerste vlug van Kaapstad na Johannesburg vertrek volgende Donderdag, 16 Oktober. Op 30 Oktober volg die eerste vlug van Kaapstad na Port Elizabeth.

Vir elke vlug sal daar een terugvlug wees per dag.

Bron: http://goo.gl/PI5Xei (George Herald)

Leave a Reply